Oor Ons
Lofdal Sorgsentrum is ‘n tehuis geleë in Pretoria-Noord vir bejaardes wat 44 inwoners kan huisves en bied 24 uur versorging aan.
Ons span bestaan uit:
Bestuur
2 Staf Verpleegsters
Opgeide Suster
2 Assistente
12 Versorgers
Ondersteunende persoon wat verantwoordelik is vir skoonmaak, wasgoed en kos.
Sorgsentrum opset:
Hier is almal deel van een groot familie.
9 Kamers met 2 beddens in:
Hierdie kamers is gewoonlik vir ons mees verswakste bejaardes aangesien die kamers naby die diensstasie is.
5 Kamers met 4 beddens in:
Die kamers is ruim en daar is genoeg spasie tussen die beddens en kassies vir bejaardes om gemaklik rondom die bed te beweeg. Die kamers het elkeen ‘n klein badkamertjie wat bestaan uit ‘n wasbak, toilet en stort. Die stort het ‘n bankie in waarop inwoners kan sit om te stort.
Staatspasiënte:
Die kliniek dokters besoek die huis een keer per week indien dit nodig is. Alle staatsmedikasie word by die tehuis afgelewer vir inwoners.
Doeke:
Doeke word aangekoop deur verskaffers. Geld kan in die sentrum se snoepie rekening betaal word vir die aankoop van doeke soos benodig word.
Verblyf kostes:
R9000.00 per maand.
Administrasie kostes:
R2000.00 eenmalig voor inwoners intrek.
Ander:
Alle beddegoed word voorsien. Inwoners bring net hul eie klere, ‘n kombers en kussing saam. Inwoners is ook verantwoordelik vir hulle eie toiletware.
U verdien die heel beste versorging
Kontak Ons
Bespreek 'n Besoek Vandag!
Lorem ipsum dolor sit amet, consectetur adipiscing elit. Proin eget tortor risus. Nulla porttitor accumsan tincidunt. Pellentesque in ipsum id orci porta dapibus. Donec rutrum congue leo eget male
Kontak (012) 546-2150 om te besbreek
Kontak
083 273 2484
Adres
Bakenkloof straat 363
Pretoria-Noord
E-pos
surene@lantic.net